Date: Mon, 14 Oct 2013 07:47:59 +0200
From: Tica Byrd <byrdtica@gmail.com>
Subject: Bevestiging Werk (Afrikaans)

Ek is vier en dertig jaar oud, werk vir die laaste vyf jaar as verkoop
agent vir ‘n besigheid wat graan produkte aan boere verkwansel en is nou
moeg vir my saai bestaan.  Ek woon op die platteland, dit beteken gelukkig
nie dat ons nie internet het nie.  Inteendeel, ek boer op die net.  En
natuurlik reis ek ook lekker rond.  Dus sien ek darem die stad gereeld.
Eintlik is ek goed belese en berese, maar het net ‘n vaal saai lewe.  En
daarvoor is ek nou moeg.

Dis Dinsdagaand en ek sit en page deur die Exit se smalls.  Daar sien ek
toe wat ek nooit moes sien nie.  ‘n Advertensie vir ‘n persoonlike
assistent vir ‘n sakeman wat gereeld internasionaal reis.  Moet
geesdriftig wees, goeie Office vaardighede, twee talig en laastens, goed
gebou en openminded.

Wel ek reken ek kwalifiseer toe mos.  Die Office vaardighede, kennis en
ondervinding die het ek, en ek moet self sê, ek is goed gebou.  Nie te
lank nie, nie te fris nie.  Soepel, plat maag, stywe boude en ‘n mooi
borskas en om alles te kroon is ek nie te lelik om na te kyk nie.  Ek gaan
aansoek doen en sommer gou ook.  Ek skryf my cv.  Heg die nodige vereiste
foto aan die file en stuur dit na die e-pos adres toe.

Twee dae gaan verby en ek vergeet amper van die lawwe perd wat ek opgesaal
het.  Donderdag maak ek my mail die middag laat oop en val byna van my
stoel af.  Ek word versoek om die naweek, met ‘n oornag tassie gepak
nogal, vir ‘n “onderhoud” te gaan na Nooitgedacht Landgoed waar
mnr. Visser my persoonlik sal ontmoed en ek vir die possisie oorweeg sal
word.  Aanwysigings ingesluit en ek moet bevestig voor Vrydag.  Ek
bevestig, bewend van opgewondenheid en lam in die gat van vrees.

Saterdag kom en ek skeer, stort, trek aan en trek weer aan.  My senuwees
aan flared.  Ek ken die pad kaart uit my kop uit en ry seker ‘n goeie
uur te vroeg al by die woonstel weg.  Nooitgedacht is naby Lanseria Lughawe
en ek gaan sit daar en drink ‘n koppie koffie voor ek twee-uur vir die
“onderhoud” moet opdaag.

Dis warm, ek parkeer my klein motortjie voor die indrukwekkende ingang
onder die koeltebome, vat my klein oornag tassie en klim die trappies na
die voordeur van die Landgoed op.  Die plek is pragtig, word goed onderhou
en die tuine is soos groen parke rondom uitgelê.  Ek druk die voordeur
klokkie en wag met my hart in my keel.

Die voordeur swaai oop en voor my staan ‘n Romeinse Gadiator.  Goue
blonde hare, ‘n bruin vel en groen oë.  Bree skouers, ‘n borskas
wat bult van die spiere en ‘n plat harde maag wat bo ‘n groen
swem-handoek uitreis.  Ek snak amper na my asem.  “Hey, jy moet seker
Kobus wees’, groet hy vriendelik en steek sy hand uit om my te
groet. “Ek is Juan, welkom hier”.  Juan is seker een van die mooiste
mans wat ek nog gesien het.

Terwyl hy my die huis in lei praat hy.  Ek is mnr. Venter se bestuurder en
sy fiksheidsinstrukteer.  Ek is bly hy het uiteindelik besluit om ‘n
bietjie hulp in te kry vir sy baie ander besigheid.  Hy is ‘n fantasiese
baas om voor te werk en baie goed met wat hy doen.  Ek werk al vir die
laaste drie jaar vir hom.  Ons bly almal hier en geniet al die voordele wat
die Landgoed bied.  Hier is drie permanente werkers.  Ons is regtig soos
‘n familie.

Mnr. Venter gaan oor twee ure land dan gaan ek hom gou oplaai by die
lughawe.  Intussen gaan ek jou na jou kamer toe vat en jou gemaklik maak.
Jy is net langs my op die tweede vloer.  Ek hoop jou gaan die kamer geniet.
Daar’s ‘n baie mooi uitsig.  Heng ek praat, baie sorry man, maar dis
maar my gewoonte.  Ek lag saggies en stel hom gerus dat ek dit geniet en
dat dit darem my senuwees so bietjie kalmeer.

Ons is by my kamer en hy wag dat ek voor hom instap.  Dis ‘n reuse ruim
pragtige kamer.  Daar’s die badkamer, ons deel ongelukkig een maar ek
hoop nie dit sal ‘n probleem wees nie.  Nee, dink ek by myself, ek glo
nie, ek sal my bed met jou deel as ek kon.  Kom kyk die uitsig hier van bo
af nooi hy my. Ek gaan staan voor die venster en verlustig my.  Daar is
‘n reuse swembad, ‘n braai area en koel lapas onder groot bome onder
my uitgestrek.

Daar is twee ure oor voor die baas jou te woord gaan staan.  Wil jy gou
gaan afkoel in die swembad en iets drink, nooi Juan my.  Dit sou baie
lekker gewees het maar ek het nie daaraan gedink om ‘n swembroek saam te
bring nie.  Dit gaan nie ‘n probleem wees nie. Wag net hier, ek gaan gou
vir jou kyk wat is in my kas wat vir jou gaan pas.  Trek solank uit ek om.

Ek trek uit en sit my klere netjies op die bed neer.  Staan in my
onderbroek en wag toe hy terug kom met ‘n nogals wit speedo.  Dit lyk so
bietjie klein maar ek vrek om in die koel swembad te kom en besluit ek gaan
dit waag.  Trek aan sê hy en gee my die speedo aan.  Hy maak gaan poging
om weg te draai nie en ek trek uit.  Skielik vreeslik bewus van my liggaam.
Vir hom blyk dit nie ‘n probleem te wees nie.  Hy kyk en kyk.

Met die speedo aan voel ek nog meer nakend.  Soe, jy lyk soos soetkoekies,
lekker genoeg om te eet.  Hy stap nader en buk voor my, sy hande omvou my
boude en hy voel voel so liggies aan die speedo se rek wat oor my boud
trek, darem nie te styf nie nê, maar genoeg om die knop hier voor mooi
te laat blom.  Hy kyk speels op na my en vry met sy hand oor my knop wat
vinnig besig is om baie groter te word.

Hey, kom ons gaan swem voor dinge handuit ruk, hier’s ‘n handdoek.
Ek draai die handdoek om my lyf en volg hom by die kamer uit deur die
pragtige huis swembad toe.  Dis ‘n lieflike area met heerlike gemak
stoele en die water is wonderlik koel.  Juan het sy groen handdoek oor die
stoel gegooi en ek kan nie ophou kyk na die man se pragtige lyf nie.  Sy
donkerblou speedo pas soos ‘n handskoen en belemtoon sy pragtige boude
en fantasiese bo-bene.  Hy duik met ‘n sierlike boog in en beduie ek
moet hom volg.

Ons het bykans ‘n halfuur heerlik in die water rond baljaar en oor
ditjies en datjies gesels voor hy gesê het hy moet nou uitklim om die
baas te gaan oplaai.  Die son het gou gehelp dat ons droog bak en ons is
terug kamer toe.  Weer het hy gestaan en kyk hoe ek uittrek en my vertel
hoe goed gebou ek is, toe verdwyn hy in die aangrensende badkamer en ek
trek aan.  “Ek gaan vir Joey vra om vir jou ‘n pot tee op te bring
kamer toe, of wil jy sommer saam gaan kombuis toe en daar iets gaan drink”
vra hy toe ons klaar aangetrek is.  Ek stap sommer saam kombuis toe as ek
mag sê ek.

In die kombuis wag daar nog ‘n verassing op my.  Joey is nie net ‘n
shef nie, hy’s ‘n danser met ‘n danser se lyf ook…….



Word vervolg, as julle daarvan hou mail my by byrdtica@gmail.com of as
julle persoonlik wil kontak maak.  Byrd